On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Pinky Mosiane se moordenaar 50 jaar tronk toe gestuur

───   DANE BEISHEIM 16:42 Fri, 28 Nov 2014

Pinky Mosiane se moordenaar 50 jaar tronk toe gestuur | News Article

Mogwase - Tutu Rooi Oliphant is vandag tot 50 jaar effektiewe tronkstraf gevonnis vir die verkragting van en moord op NUM vakbondlid Pinky Mosiane.

Oliphant is gister tydens 'n hooggeregshofsitting in Mogwase naby Sun City skuldig bevind aan beide aanklagte.
Mosiane se bebloede lyk is in Februarie 2012 ondergronds, by Anglo Platinum se Khomanani-myn gevind.
 
Cosatu Noordwes-sekretaris, Solly Phetoe, het die vonnis verwelkom, maar gaan vra dat die departement van justisie en ondersoekbeamptes die voorval weer opvolg. Hy sê die vermoede bestaan dat Oliphant nie alleen opgetree het nie.
 
Afgesien van die 50 jaar vonnis wat hy vandag ontvang het, dien Oliphant reeds sedert Junie vanjaar 25 jaar tronkstraf uit vir die verkragting van 'n vyf-jarige dogtertjie.
 
Dane Beisheim/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.