On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Weermaglid verdink van veediefstal

───   10:53 Sun, 07 Dec 2014

Weermaglid verdink van veediefstal | News Article

Kestell - ‘n Stafsersant van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is gister in Kestell in die Vrystaat vir veediefstal in hegtenis geneem.

Polisiewoordvoerder Mmako Mophiring verduidelik die weermaglid en vyf ander mans, tussen die ouderdomme van 24 en 39, is met ses gesteelde beeste betrap op ‘n plaas van ‘n boer aan wie hulle die vee wou verkoop het.
 
Hy sê die vee was op ‘n plaas in Paul Roux gesteel, en die eienaar was onbewus van die diefstal teen die tyd toe die polisie hom opgespoor het. Die weermaglid is in Kroonstad gebaseer.
 
Mophiring sê die arrestasies was deel van ‘n operasie om veediefstal te bekamp.
 
Die verdagtes sal môre in die Kestell laddroshof op aanklagte van veediefstal verskyn.
 
Duane Petrus/OFM Nuus

Podcasts

Polisiewoordvoerder Mmako Mophiring :

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.