On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Agtjarige steeds kritiek nadat hy in swembad gevind is

───   MARICELLE BOTHA 15:39 Wed, 17 Dec 2014

Agtjarige steeds kritiek nadat hy in swembad gevind is | News Article

Bloemfontein - 'n Agtjarige seun van Ficksburg is steeds in 'n kritieke toestand in die Mediclinic Bloemfontein nadat hy Dinsdagoggend in 'n swembad buite Bloemontein gevind is.

Thaphelo Mamotho het na wat verneem word saam met familie by 'n waterpark geswem. Hy het glo met ‘n binneband in die diepkant van die swembad ingespring. Waarnemende hospitaalwoordvoerder, Reinette Oosthuizen, het aan OFM-nuus gesê die seun se toestand word voortdurend gemonitor.

ER24-woordvoerder, Werner Vermaak, het vroeër gesê lewensredders by die waterpark het die seuntjie onder die water gesien en hom dadelik uit die swembad gehaal. Hulle het mond tot mond-asemhaling op hom toegepas.
 
Maricelle Botha/OFM-nuus 

Podcasts

Reinette Oosthuizen:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.