On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Matlosana-munisipaliteit verdrink in skuld

───   REFILWE GAESWE 08:42 Sun, 21 Dec 2014

Matlosana-munisipaliteit verdrink in skuld | News Article

Klerksdorp - Die Matlosana plaaslike munisipaliteit in Noordwes sal vir die volgende ses maande deur 'n ingryping-span bestuur word nadat dit Vrydag onder volle administrasie geplaas is.

Die munisipaliteit, wat Klerksdorp en Orkney insluit, skuld Eskom meer as R200 miljoen en Midvaal Water sowat R50 miljoen.
 
Burgemeester Mike Khauoe verduidelik dat reëlings getref is om die skuld te delg.
 
Noordwes se LUR vir plaaslike regering, Collen Maine het Vrydag gesê die munisipaliteit se sake het nie verbeter nie, ten spyte daarvan dat die finansiële bestuur vroeër onder beheer van 'n administrateur geplaas is.
 
'n Forensiese ondersoek na die munisipaliteit sal volgende maand begin.

Refilwe Mekoa/OFM-nuus

Podcasts

Mike Khauoe:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.