On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

Mangaung naamsveranderinge: Metro het seker gemaak om na die publiek se voortselle te luister

───   MARICELLE BOTHA 09:12 Mon, 22 Dec 2014

Mangaung naamsveranderinge: Metro het seker gemaak om na die publiek se voortselle te luister | News Article

Bloemfontein - Die DA sê hoewel die voorgestelde naamsveranderinge binne die Mangaung Metro die belastingbetaler ‘n paar rand uit die sak sal jaag, die metro seker gemaak het om na die publiek se voortselle te luister.

Talle voorstelle vir moontlike naamsveranderinge is pas deur die munisipalitiet goedgekeur.
 
Onder die plekke wat in die toekoms herdoop sal word is onder meer die nuut opgegradeerde Seisa Ramabodu wat voortaan as Ntate Petrus Molemela-stadion bekend sal staan, sowel as die Stadskoubrug wat se naam na Rev. Sebatso Seatile verander en Elizabeth- en Kerkstraat wat onderskeidelik na Miriam Makeba- en Oliver Tambo-weg herdoop sal word.
 
Daar is ook verkseie naamsveranderings vir Botshabelo en Thaba Nchu aanvaar.
 
Die publiek het tot 9 Januarie 2015 om beswaar teen die naasveranderinge aan te teken.
 
DA-raadslid, Werner Horn.
 
Maricelle Botha/OFM-nuus

Podcasts

Werner Horn:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.