On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Man vas vir broer se mesdood

───   10:28 Sat, 27 Dec 2014

Man vas vir broer se mesdood | News Article

Wolmaransstad - 'n Man (31) is in Wolmaransstad in hegtenis geneem vir die beweerde moord op sy 40-jarige broer.

Noordwes polisiewoordvoerder, Sabata Mokgwabone, sê die voorval het op Kersdag by Tswelelang plaasgevind.
 
Die broers het na bewering in 'n onderonsie betrokke geraak toe die verdagte 'n mes uitgepluk en sy ouer broer in die nek gesteek het. Hy is op die toneel dood verklaar.
 
Volgens Mokgwabone is die oorsaak van die bakleiery nog onbekend.
 
Die verdagte sal na verwagting Maandag in die Wolmaransstad-landdroshof verskyn.
OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.