On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Ma en dogter van Brits bly agter tralies

───   DANE BEISHEIM 15:50 Fri, 16 Jan 2015

Ma en dogter van Brits bly agter tralies | News Article

Brits - 'n Vrou en haar dogter sal die naweek in aanhouding deurbring nadat hulle vanoggend in die Ga-Rankuwa-landdroshof verskyn het in verband met die moord op ’n 20-jarige man in Brits.

Volgens Noordwes-polisiewoordvoerder Kelebogile Moleko is die saak vir verdere ondersoek uitgestel tot Maandag.
 
Dit volg na die twee eergister in hegtenis geneem is vir die moord van Karabo Nkosi.
 
Sy sê verder dat Nkosi, wat glo verwant aan die twee vroue was, dood is nadat hy blykbaar ses ure lank met ’n sambok aangerand is.
 
Die ma en dogter beweer dat Nkosi boumateriaal uit hul agterplaas gesteel het.
 
Dane Beisheim/OFM-nuus 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.