On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Brits-plaasaanvalslagoffers sterk goed aan

───   DANE BEISHEIM 14:53 Wed, 21 Jan 2015

Brits-plaasaanvalslagoffers sterk goed aan | News Article

Brits - ’n Bejaarde Noordwes-egpaar wat gisteroggend ’n plaasaanval oorleef het, sterk goed aan en is buite gevaar.

Dit, volgens Mediclinic Brits se Retha Mostert.
Drie gewapende mans het na bewering die 80-jarige Hannes van der Merwe op sy plaas by De Wildt naby Brits met die stomp kant van 'n byl aangerand, hom die huis ingedwing en later onder meer met ’n strykyster gebrand.
 
Sy 76-jarige vrou, Annatjie, is oor die kop geslaan toe sy probeer het om hulp te ontbied.
 
Noordwes-polisiewoordvoerder Thulani Ngubane sê daar word alles van die polisie se kant af gedoen om die booswigte vas te trek.

Dane Beisheim/OFM-nuus

Podcasts

Thulani Ngubane:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.