On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

UV hanteer voortaan Vishuis plasings

───   09:38 Sat, 24 Jan 2015

UV hanteer voortaan Vishuis plasings | News Article

Bloemfontein - Die Universiteit van die Vrystaat (UV) sal voortaan die plasing van studente in Huis Abraham Fischer, beter bekend as Die Vishuis, op die Bloemfontein-kampus hanteer.

Dit volg nadat die bestuur die huurkontrak met Huis Abraham Fischer-maatskappy (HAF) beëindig het.
 
Die HAF-maatskappy bestuur vir ‘n geruime tyd die Abraham Fischer-manskoshuis as onafhanklike verskaffer van studente-akkommodasie.
 
Universiteitswoordvoerder Lacea Loader sê die besluit om die huurkontrak te beëindig is geneem aangesien die maatskappy vir 'n geruime tyd nie sy finansiële verpligtinge van meer as R700 000 in agterstallige huurgeld kon nakom nie.
 
Die UV sal die bestuur en finansies van die koshuis oorneem.
 
Loader sê die verblyf van studente in die koshuis word geensins deur die verandering in bestuur geraak nie.
 
OFM Nuus 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.