On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan Anny
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Local News

Sewe PUK-huiskomiteelede uit koshuis geskors

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:16 Tue, 27 Jan 2015

Sewe PUK-huiskomiteelede uit koshuis geskors | News Article

Potchefstroom - Die Noordwes-Universiteit het sewe lede van die huiskomitee van die manskoshuis, Hombré, op die Potchefstroom-kampus gistermiddag tydelik uit die koshuis geskors.

Woordvoerder, Louis Jacobs, sê die studente se skorsing is hangende die voltooiing van ‘n interne ondersoek. Dit kom nadat eerstejaarstudente verlede week in 'n struweling met ‘n senior personeellid op die kampus betrokke geraak het. Volgens OFM-nuus se inligting het prof. Deon de Beer, van die Puk se tegnologiese ondersteuningsdienste, deur ‘n groep van die koshuis se eerstejaarstudente geloop. Sy rug is glo beseer in die voorval. Jacobs sê die primarius van die koshuis is nie geskors nie, terwyl twee ander lede van die komitee self bedank het. Jacobs sê die rede vir die komitee-lede se tydelike skorsing is om seker te maak die ondersoek word behoorlik uitgevoer sonder enige intimidasie.
 
Christal-Lize Muller/OFM Nuus

Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.