On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Sannies se nuwe stuurman wil uitdagings aangryp

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 15:18 Wed, 28 Jan 2015

Sannies se nuwe stuurman wil uitdagings aangryp | News Article

Bloemfontein - Die Hoërskool Sand du Plessis in Bloemfontein se nuwe hoof, Willem du Buisson, wil sy alma mater ‘n nuwe era inlei.

Du Buisson, tans die adjunkhoof van HTS Louis Botha in die stad, sê 'n groot taak rus op sy skouers, maar hy is opgewonde om die geleentheid aan te gryp.

Du Buisson sê hy het die voormalige hoof, wyle Roy Doubell, wat verlede jaar in Junie aan ‘n hartaanval oorlede is, goed geken. Du Buisson wil op Doubell se nalatenskap voortbou.
 
Die adjunkhoof van die Hoërskool Brebner in die stad, het ook vandag gehoor dat hy die Laerskool Brebner se nuwe hoof is. Hy neem die leisels oor by Des Donald wat afgetree het.
 
Grey-kollege Primêr se nuwe hoof is nog nie aangestel nie nadat Lindsay Mould verlede jaar uitgetree het.
Christal-Lize Muller/OFM-nuus



Podcasts

Willem du Buisson:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.