On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Theunissen plaasmoord: Verdagtes doen afstand van borgtogaansoek

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 16:57 Wed, 28 Jan 2015

Theunissen plaasmoord: Verdagtes doen afstand van borgtogaansoek | News Article

Theunissen - Die twee verdagtes wat tereg staan op aanklagte van moord, roof met verswarende omstandighede en brandstigting nadat die 68-jarige Martie Bester van Theunissen se verbrande lyk vroeër vandeesmaand op die plaas Erfbloem buite die dorp gevind is, verskyn in Februarie weer in die hof.

Die Vrystaatse woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Phaladi Shuping, sê Molelekoa Mothibeli en Lekgotla Matatiele het vandag in die landdroshof op die dorp afstand gedoen van hul aansoek om borgtog.
 
Volgens Shuping is hul verhoor tot 25 Februarie vir verdere ondersoek uitgestel.
 
Albei die verdagtes is van Theunissen.
 
Hulle is twee weke gelede enkele dae na Bester se lyk gevind is in hegtenis geneem.
 
Drie vuurwapens wat uit die huis gesteel is, is in hul besit gevind. Bester se aanvallers het vermoedelik die plaashuis aan die brand gesteek. Haar bakkie, wat elders op die plaas gevind is, is ook uitgebrand.

Christal-Lize Muller/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.