On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Twee polisiebeamptes in hegtenis na gewapende roof

───   SABRINA DEAN 07:51 Thu, 29 Jan 2015

Twee polisiebeamptes in hegtenis na gewapende roof | News Article

Sasolburg - Twee polisiebeamptes, wat gister in hegtenis geneem is vir gewapende roof sal na verwagting binnekort in die Sasolburg landroshof verskyn.

Polisiewoordvoerder, Sellwane Mapamela, sê in ‘n verklaring die 30-jarige en 38-jarige verdagtes word daarvan beskuldig dat hulle deel was van ‘n gewapende roof by Zamdela op 18 Desember verlede jaar. Volgens die 25-jarige klaer was sy, haar man en 'n vriendin, van Johannesburg na Heilbron op pad toe hulle by ‘n kruising in Zamdela deur ‘n gemerkte polisie voertuig afgetrek is. Hulle is deursoek en toe ingelig dat hulle in hegtenis is. Op pad na die polisiestasie het die polisievoertuig onder 'n brug gestop waar nog twee mans bygekom het en geld vir hulle vrylating geëis het. Almal is saam na ‘n winkelsentrum in Gauteng waar die vrou kontant uit haar bankrekening onttrek het. Die verdagtes het die klaer en haar man by die winkelsentrum gelos nadat hulle die geld gekry het. Volgens Mapamela is een van die mans ‘n sersant by die Vaal Rand honde-eenheid en die ander ‘n konstabel in die blitspatrollie. Sabrina Dean/OFM Nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.