On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Bloemfontein se water is nie besmet nie

───   SABRINA DEAN 09:14 Thu, 29 Jan 2015

Bloemfontein se water is nie besmet nie | News Article

Bloemfontein - Die Mangaung Metro het ontken dat water in Bloemfontein met, onder meer, padavissies en bakterieë besmet is.

OFM Nuus is oorval deur navrae vanaf die publiek rakende of daar 'n problem met die water is soos wat beweer word in 'n Whats App-boodskap wat die rondte doen.
 
Volgens 'n luisteraar, Hester Taljaard, word die boodskap onder Bloemfonteiners versprei met die waarskuwing dat daar paddavisse en allerlei ander goed in die water is wat mense baie siek maak.
 
Nog 'n luisteraar het gesê sy is baie bekommerd oor dié bewerings aangesien sy 'n drie maande-oue baba het en wou weet of sy eerder gebottelde water moet koop.
 
Mangaung Metro-woordvoerder Qondile Khedama het egter vanoggend by navraag gesê die bewerings is nie waar nie.
 
Sabrina Dean/OFM Nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.