On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Local News

Man pleeg glo selfmoord in vangwa

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 15:14 Thu, 29 Jan 2015

Man pleeg glo selfmoord in vangwa | News Article

Bloemhof - Die Onafhanklike Polisie-ondersoek-direktoraat (Opod) ondersoek ‘n voorval waarin ‘n middeljarige man vanoggend agter in ‘n polisievangwa by Bloemhof in Noordwes sy eie lewe geneem het.

Polisiewoordvoerder, Thulani Ngubane, sê die halfnaakte man is deur die polisie in hegtenis geneem op die N12 nadat hy na bewering by ‘n huis op die dorp ingebreek het en ‘n motor wou steel.
Volgens Ngubane het die eienaar van die huis omstreeks 04:00 ‘n harde slag buite sy huis gehoor toe die verdagte met sy motor in ‘n boom vasjaag. Hy het daarna weggehardloop.

Ngubane sê die oorledene was ook in besit van duur juwele asook die gesteelde voertuig se sleutel.
 
Dit is nog onbekend waar hy vandaan kom. Die polisie spoor nog sy naasbestaandes op.
Christal-Lize Muller/OFM-nuus

Podcasts

Thulani Ngubane:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.