On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Vyf vas na moontlike plaasaanval misluk

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 16:54 Thu, 29 Jan 2015

Vyf vas na moontlike plaasaanval misluk | News Article

Potchefstroom - Vyf verdagtes van Potchefstroom in Noordwes verskyn môre in die plaaslike landdroshof nadat hulle glo ‘n plaashuis by Viljoenskroon in die Vrystaat wou beroof.

Die booswigte is egter in hul spore gestuit danksy die polisie en gemeenskapslede se vinnige optrede.
 
Polisiewoordvoerder in die Vrystaat, Thabo Litabe, sê die polisie het inligting ontvang dat die vermeende rowers, tussen die ouderdomme van 21 en 39, vandag op pad na ‘n plaashuis is om dit te beroof. Die ligging van die plaas was nie aan die polisie bekend nie.
 
Volgens Litabe is polisielede op verskeie plekke tussen Potchefstroom en Viljoenskroon ontplooi.

Hy sê ‘n speelgoedgeweer was onder die vuurwapens wat in die verdagtes se motor buite die kuierplek gevind is. ‘n Huisplan van ‘n plaashuis is ook in die motor gevind.
 
Die polisie kon later vasstel waar die plaashuis geleë is. Die verdagtes verskyn môre op aanklagte van die onwettige besit van vuurwapens en sameswering tot huisbraak.
 
Dit is nog onduidelik of dit 'n beplande plaasaanval was.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus 

Podcasts

Thabo Litabe:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.