On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

VS LUR vir Veiligheid praat oor veiligheid in die provinsie

───   SABRINA DEAN 07:49 Fri, 30 Jan 2015

VS LUR vir Veiligheid praat oor veiligheid in die provinsie | News Article

Bloemfontein - LUR vir Polisie, Paaie en Vervoer in die Vrystaat, Butana Komphela, sal na verwagting die media vandag oor misdaadvoorkomingsplanne vir die provinsie inlig.

Sake wat bespreek sal word, sluit in terugvoer oor plaasaanvalle, moorde aan die Vrystaat- en Lesotho-grense, onwettige grondindringing en diensleweringsbetogings. Die departement sê in 'n verklaring hierdie kwessies word as brandpunte beskou en daar word dringende aandag gegee aan die veiligheid en sekuriteit van die Vrystaatse gemeenskap. Die LUR sal ook na verwagting die department se nuwe Facebook-blad tydens vanoggend se geleentheid bekendstel.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.