On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Noord-Kaap taxibestuurders skud vere reg vir kompetisie

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 16:48 Fri, 30 Jan 2015

Noord-Kaap taxibestuurders skud vere reg vir kompetisie | News Article

Kimberley - Taxibestuurders van al vyf streke in die Noord-Kaap maak hul reg om die naweek in Kimberley hul padvaardighede en bestuursvernuf ten toon te stel in die eerste bestuurderskompetisie van sy soort in die provinsie.

Die kompetisie word deur die Noord-Kaapse departement van vervoer, veiligheid en skakeling in samewerking met die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad (Santaco) aangebied. Dit beklemtoon hoofsaaklik padveiligheid.
 
Die departement se woordvoerder, Steven Jonkers, sê deelnemers sal onder meer teoretiese en praktiese bestuurstoetse aflê.
 
‘n Werksessie om hul vaardighede te verbeter word ook aangebied. Hy sê daar is pryse op die spel.

Sowat 30 taxibestuurders waarvan 15 vroue is het vir die kompetisie, Sondag by die verkeersdepartement, gekwalifiseer.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus

Podcasts

Steven Jonkers:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.