On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Vier vragmotors, twee motors op N4 by Brits aan die brand gesteek

───   MARICELLE BOTHA 09:06 Wed, 04 Feb 2015

Vier vragmotors, twee motors op N4 by Brits aan die brand gesteek | News Article

Brits - Vier vragmotors en twee motors is op die N-4 snelweg by die Majakaneng informele nedersetting by Brits in Noordwes aan die brand gesteek.

Een van die bestuurders is beseer en na ‘n plaaslike hospitaal geneem.
 
Volgens Noordwes polisiewoordvoerder, Thulani Ngubane is verkeer tussen Pretoria en Rustenburg sedert gisteraand tot stilstand gedwing nadat verskeie voertuie ook met klippe bestook is.
 
Die woedende inwoners van die gebied is glo ontevrede oor gebrekkige watervoorsiening deur die Madibeng munisipaliteit.
 
Ngubane sê motoriste is gewaarsku om alternatiewe roetes te gebruik, van die slagoffers het egter die waarskuing ignoreer.

Hy sê die situasie is tans nog onvoorspelbaar.
Maricelle Botha/OFM News

Podcasts

Thulani Ngubane:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.