On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Local News

Ballim aangestel as vise-kanselier van die Sol Plaatje Universiteit

───   OWEN KOCK 08:38 Wed, 18 Feb 2015

Ballim aangestel as vise-kanselier van die Sol Plaatje Universiteit | News Article

Kimberley - Professor Yunus Ballim is aangestel as die eerste volwaardige vise-kanselier van die Sol Plaatje Universiteit in Kimberley.

Ballim was die tussentydse hoof en die raad het vroeg vanoggend sy aanstelling, vir 'n termyn van vyf jaar, aangekondig.
 
Ballim het 20 jaar se akademiese en uitvoerende bestuursondervinding aan die Universiteit van die Witwatersrand, waarvan ses jaar as adjunk vise-kanselier en vier jaar as adjunkhoof.
 
Die Universteitsraad sê in 'n verklaring hulle is vol vertroue dat Ballim, met sy aanstelling in hierdie belangrike en historiese posisie, sal kan help met die visie en ontwikkeling van die Noord-Kaap-streek en die land in geheel.
 
Ballim begin amptelik op 1 April in sy nuwe pos.
Owen Kock/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.