On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Local News

DA kap NK-premier oor dranklisensies

───   OWEN KOCK 16:51 Thu, 26 Feb 2015

DA kap NK-premier oor dranklisensies | News Article

Kimberley - Die DA in die Noord-Kaap het vandag in sy repliek op Premier Sylvia Lucas se provinsiale rede gesê daar word hopeloos te min gedoen om werkloosheid in die provinsie aan te spreek.

Andrew Louw sê die grootste probleem wat hulle egter met die rede gehad het was dat Lucas te min aandag gegee het aan die provinsie se masiewe alkohol-verwante probleme.

Louw sê hulle was egter gelukkig met die feit dat Lucas oop kaarte gespeel het oor die stand van sake met die psigiatriese hospitaal, wat nou al tien jaar in aanbou is. Die koste van dié projek het al tot ‘n enorme R290 miljoen gestyg.
 
Owen Kock/OFM-nuus 

Podcasts

Andrew Louw:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.