On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Man in hof oor bykans ‘n miljoen wat glo gesteelde geld is

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:06 Fri, 27 Feb 2015

Man in hof oor bykans ‘n miljoen wat glo gesteelde geld is | News Article

Trompsburg - Die bestuurder van 'n bakkie sal na verwagting volgende week in die landdroshof op Trompsburg in die Vrystaat verskyn nadat hy gister in 'n padversperring op die N1 in hegtenis geneem is in verband met die besit van bykans 'n R1 miljoen wat glo gesteelde geld is.

Polisiewoordvoerder, Ikobeng Hlubi, sê die 47-jarige man was van Kaapstad op pad na Bloemfontein toe hy deur polisiebeamptes in samewerking met lede van die verkeersdepartement by Hillside voorgekeer is.
 
Volgens Hlubi kon die man nie ‘n voldoende verduideliking gee oor die geld wat in sy besit was nie.

Hlubi sê die man verskyn Maandag op 'n aanklag van die besit van gesteelde geld. Die ondersoek duur voort.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus

Podcasts

Ikobeng Hlubi:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.