On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Bome vandag amptelike aan Tlokwe-munisipaliteit oorhandig

───   DANE BEISHEIM 09:40 Fri, 27 Feb 2015

Bome vandag amptelike aan Tlokwe-munisipaliteit oorhandig | News Article

Potchefstroom - Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is tans besig met die amptelike oorhandiging van plaasvervanger bome aan die Tlokwe-munisipaliteit in Noordwes.

Dit volg na Chinese Netelbome verwyder moes word vir President Jacob Zuma se onlangse besoek aan Potchefstroom vir die Gewapende Magtegdag-vieringe.
 
'n Totaal van nege bome is verlede week verwyder om plek te maak vir die regstreekse uitsending van die seremonie, wat in die stad gevier is.
 
Die Weermag sal 12 inheemse bome aan die munisipaliteit oorhandig. Een boom is voorbehou om geplant te word tydens vandag se amptelike oorhandigingseremonie.
 
Die munisipaliteit sal die ander bome in ander dele van die stad plant.
Dane Beisheim/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.