On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Local News

Bataung soek al meer as drie dekades erkenning as stam

───   14:46 Fri, 27 Feb 2015

Bataung soek al meer as drie dekades erkenning as stam | News Article

Bloemfontein - Die voorsitter van die Bataung stam, Sello Masenkane, sê hulle sukkel al meer as drie dekades om erkenning as ‘n stam te ontvang.

Hy sê die pad na vryheid was lank vir Nelson Mandela, maar nog langer vir hulle om deur die regering erken te word.
 
Masenkane het ‘n afvaardiging van sy stam gelei tydens ‘n vergadering met die Vrystaatse LUR vir koöperatiewe regering en tradisionele sake, Olly Mlamleli.
 
Masekane sê lede van stam het met al die voormalige premiere van die provinsie, van Mosiuoa Lekota tot Ace Magashule, samesprekings gevoer in die hoop om erkenning te kry en om hul grondeis te registreer. Masenkane sê hy is positief dat hulle die stryd uiteindelik gaan wen.

Die Bataung is oor die Vrystaat heen versprei, met die meeste stamlede in Welkom en Virginia.
 
Cathy Dlodlo/OFM-nuus 

Podcasts

Sello Masenkane:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.