On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Pelonomi-hospitaal kort R100-miljoen

───   17:41 Fri, 27 Feb 2015

Pelonomi-hospitaal kort R100-miljoen | News Article

Bloemfontein - Die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein gaan ten minste R100-miljoen nodig hê om die kritieke tekort aan mediese personeel en toerusting asook die onderhoud aan die geboue aan te spreek.

Dit is volgens die openbare dienskommissie in die Vrystaat se Henk Boshoff. Die kommissie het vandag ‘n uitgebreide inspeksie by dié hospitaal onderneem en gevind dat hul begroting ver te kort skiet ten einde kwaliteit mediese dienste te kan verrig.
 
Boshoff sê as deel van die inspeksie het hulle met verskeie dokters en verpleegsters onderhoude gevoer oor die probleme wat ondervind word.

Boshoff sê die kommissie se aanbevelings gaan in ‘n verslag uiteengesit word wat in die parlement ter tafel gelê sal word.
Cathy Dlodlo/OFM-nuus





Podcasts

Henk Boshoff:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.