On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Local News

Vrystaat-nooddienste se deure 'gaan moontlik sluit'

───   OWEN KOCK 17:44 Fri, 27 Feb 2015

Vrystaat-nooddienste se deure 'gaan moontlik sluit' | News Article

Bloemfontein - Die moontlikheid bestaan dat die Vrystaatse nooddienste, geleë op die terrein van die Vrystaatse Psigiatriese Kompleks in Bloemfontein, sy deure sal moet sluit.

Die provinsiale departement van arbeid en die Vereniging van Staatsamptenare het die instansie vanoggend besoek nadat talle ernstige klagtes ontvang is. Die VSA se Sharon Els sê die klagtes hou gesondheidsrisiko's in.

Els sê die departement van gesondheid het nie op dié klagtes reageer nie.
 
Sy sê die departement van arbeid sal Maandag ‘n volledige verslag uitreik.
Owen Kock/OFM-nuus


Podcasts

Sharon Els:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.