On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Local News

AfriForum Jeug eis antwoorde na SR-voorsitter se tydelike skorsing

───   DANE BEISHEIM 17:46 Fri, 27 Feb 2015

AfriForum Jeug eis antwoorde na SR-voorsitter se tydelike skorsing | News Article

Potchefstroom - AfriForum Jeug sal Maandag 'n brief aan die visekanselier van die Noordwes-Universiteit, Dan Kgwadi, rig rakende die beweerde onregmatige skorsing van die studenteraadsvoorsitter van die Pukkampus.

Monica van Schalkwyk se tydelike skorsing kom nadat sy die res van die Institusionele Studenteraad, wat uit SR-lede van die Mafikeng- asook die Vaaldriehoekkampus bestaan, se voorstel om veto-stemreg in die ISR te implementeer, teengestaan het.
 
Indien die voorstel deurgevoer sou word, meen AfriForum Jeug se nasionale voorsitter, Henk Maree, sou dit beteken dat SR-lede van ander kampusse besluite kon neem oor kampusse waaroor hulle geen kennis dra nie.
 
Maree het in ‘n verklaring vanmiddag gesê dat AfiForum Jeug wil weet waarom Van Schalkwyk geskors is en hoe Kgwadi, wat moet toesien dat die ISR korrek optree, dit kon toelaat.
 
Intussen het NWU-woordvoerder Louis Jacobs aan OFM-nuus bevestig dat die universiteit kennis dra van die saak.
 
Dane Beisheim/OFM-nuus 

Podcasts

Louis Jacobs:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.