On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Local News

Wildbewaarder-kamp: Twee skuldig bevind

───   08:36 Sat, 28 Feb 2015

Wildbewaarder-kamp: Twee skuldig bevind | News Article

Vereeniging - Die Vereeniging streekshof het Vrydag uitspraak gelewer in die saak van Alex de Koker en Michael Erasmus ná die afsterwe van Raymond Buys (15) weens gebeure by 'n wildbewaarder-kamp.

Landdros Retha Willemse het Alex de Koker (49), die eienaar van die weermag-tipe kamp, en sy medebeskuldigde Michael Erasmus (20) skuldig bevind aan moord, kindermishandeling en aanranding. Die klagtes hou verband met dade wat in 2011 by die Echo Wild Game Rangers-kamp tot die dood van Buys gelei het.
 
Wilna Buys, Raymond se ma, het die skuldigbevinding verwelkom. “Ek het gemengde gevoelens, maar ek is tevrede dat albei skuldig bevind is en dat die saak tot ? einde gekom het,” het Buys gesê.
 
Sy het gesê die vier jaar sedert haar seun se dood het 'n groot impak op die familie gehad en dat hulle eers nou weer begin om die stukkies op te tel. “Ek dink hy [Raymond] sit daar bo en glimlag vir ons, en is trots op alles wat ons gedoen het,” het sy gesê, en in trane uitgebars. “Dit was nie maklik om al die tyd hier te wees nie, maar ons het 'n belofte aan Raymond gemaak.”
 
Erasmus se pa, Casper, het gesê hy voel skuldig dat hy sy seun na die kamp toe gestuur het. “Alex [De Koker] het my 'n rat voor die oë gedraai. Ek voel skuldig omdat ek Michael gedwing het om te gaan,” het hy gesê. “Maar gelukkig het ek nog my kind.
Die Buys-gesin het nie meer hul seun nie. Dit is 'n nagmerrie.”
 
Erasmus se stiefma, Betsie Erasmus, het gesê hulle is bly dat die verhoor byna afgehandel is. “Michael was ook nog net 'n kind toe hy na die kamp toe gegaan het. Hy was maklik beïnvloedbaar,” het sy gesê.
 
Tania Otto, operasionele bestuurder van Women and Men Against Child Abuse, het die skuldigbevinding verwelkom.
Die vonnisoplegging vind eersdaags plaas.
Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.