On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Welkom-inwoners skrik groot ná aardbewing

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 16:56 Mon, 02 Mar 2015

Welkom-inwoners skrik groot ná aardbewing | News Article

Welkom - Inwoners van Welkom het gisteraand groot geskrik toe ‘n aardbewing dele in die stad en omliggende gebiede tot sover as Bultfontein getref het.

‘n Inwoner van Reitzpark in die stad, Sonnika Raath, sê haar honde was behoorlik op hol met die aardskudding, wat vir ‘n paar sekondes geduur het. Sy sê die aardskudding gisteraand was egter heelwat ligter as ‘n aardskudding verlede jaar in groot dele van die land. Die Raad vir Geo-wetenskappe het intussen bevestig dat die aardskudding 3.9 op die Richter Skaal gemeet het. Die Raad het versoek dat mense ‘n vraelys op sy webtuiste voltooi vir data-insamelingsdoeleindes. Christal-Lize Muller/OFM Nuus

Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.