On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Nog 'n verdoemende gesondheidsverslag verwag

───   06:54 Tue, 03 Mar 2015

Nog 'n verdoemende gesondheidsverslag verwag | News Article

Bloemfontein - Die departement van arbeid in die Vrystaat gaan na verwagting nog ‘n verslag wat verband hou met die gesondheidskrisis in die provinsie vandeesweek bekend maak.

Die verslag gaan na verwagting inligting oor primêre gesondheidsorg in die provinsie bevat.
 
Dit volg nadat die departement ondersoeke by verskeie klinieke in die Motheo-streek gedoen het. Die tekort aan medikasie, mediese personeel en medisyne by klinieke het die afgelope maande baie aandag in die media geniet.
 
Hierdie verslag volg kort op die hakke van ‘n verdoemende verslag deur die Openbare Dienskommissie in die Vrystaat.
 
Die Kommissie het na 'n ondersoek by by Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein bevind dat die hospitaal ten minste R100 miljoen rand benodig om die agterstand in instandhouding, mediese toerusting, ‘n tekort in medisyne en tekort aan mediese personeel te befonds.
 
Josial Ramokoena, woordvoerder van die department van arbeid in die Vrystaat het die ondersoeke by klinieke bevestig en gesê die verslag gaan na verwagting nog vandag bekend gestel word.
 
Cathy Dlodlo/OFM Nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.