On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Bakkiebestuurder in hof oor R1 miljoen gesteelde geld

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 16:50 Tue, 03 Mar 2015

Bakkiebestuurder in hof oor R1 miljoen gesteelde geld | News Article

Trompsburg - 'n Bakkiebestuurder wat verlede week in die besit van bykans R1-miljoen se beweerde gesteelde geld was is gister in die landdroshof op Trompsburg op R5 000 borgtog uitgelaat.

Vrystaatse polisiewoordvoerder, Ikobeng Hlubi, sê die 47-jarige Rollend Olive kon verlede Woensdag nie sy bestuurderslisensie in ‘n padversperring op die N1 toon nie.
Polisiebeamptes en lede van die verkeersdepartement by Hillside het sy bakkie deursoek en op ‘n houer met note afgekom. Volgens Hlubi kon Olive nie ‘n voldoende verduideliking gee oor die geld wat in sy besit was nie. Sy sê Olive was van Kaapstad na Bloemfontein op pad toe hy voorgekeer is.
 
Dit is nog onduidelik van waar hy oorspronklik is.
 
Olive verskyn weer op 7 April in die hof. Die ondersoek duur voort.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.