On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Oud-Kovsies eis skadevergoeding van rektor

───   OWEN KOCK 14:19 Wed, 04 Mar 2015

Oud-Kovsies eis skadevergoeding van rektor | News Article

Bloemfontein - AfriForum Jeug gaan twee voormalige Kovsie-studente in ’n skadevergoedingseis teen die universiteit en sy rektor, Jonathan Jansen bystaan.

Cobus Muller en Charl Blom is verlede jaar geskors, na bewerings van 'n rassevoorval op die kampus.
 
Volgens AfriForum Jeug is die eis gegrond op lasterlike bewerings wat teen die studente gemaak is asook prosedurele wanpraktyke wat op diskriminasie neerkom.
 
Afriforum Jeug se regsverteenwoordiger, Werner Human, sê hulle is goed voorbereid maar hy wou nie ‘n bedrag aan die eis koppel nie.
 
Hy sê dit was ‘n traumatiese ervaring vir Muller en Blom en hulle eis nou dat geregtigheid geskied.

AfriForum Jeug hou môre ‘n mediakonferensie in Bloemfontein, waartydens die eis breedvoerig bespreek sal word.
 
Owen Kock/OFM-nuus

Podcasts

Werner Human:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.