On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Bouwerk aan SPU op skedule: Ballim

───   OWEN KOCK 15:19 Wed, 04 Mar 2015

Bouwerk aan SPU op skedule: Ballim | News Article

Kimberley - Die nuutaangestelde vise-kanselier van die Sol Plaatje-Universiteit in Kimberley, Yunus Ballim is nie net ‘n akademikus nie, maar ook ‘n siviele ingenieur, en daarom volg hy die vordering van die bouwerk aan die universiteit met 'n valk-oog.

Ballim sê tot dusver is hy meer as tevrede met die vordering wat gemaak word. Die konstruksie van nuwe geboue beloop ‘n enorme R850 miljoen en die eerste fase behoort teen die begin van die 2016 akademiese jaar voltooi te wees.
Ballim sê in die stadium is alles op koers en in sekere gevalle werk van die kontrakteurs selfs vooruit. Die verwagting is dat die tweede fase betyds vir die 2017 akademiese jaar klaar sal wees.

Ballim begin amptelik op 1 April in sy pos, nadat hy sedert die ontstaan van die instansie in 2013 as tussentydse hoof waargeneem het.
 
Owen Kock/OFM-nuus

Podcasts

Yunus Ballim:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.