On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

UV bewus van skadevergoedingseis

───   18:22 Wed, 04 Mar 2015

UV bewus van skadevergoedingseis | News Article

Bloemfontein - Die Universiteit van die Vrystaat is bewus daarvan dat twee voormalige Kovsie-studente wat geskors is weens hul betrokkenheid by 'n beweerde rassekwessie nou 'n skadevergoedingseis teen die UV en sy rektor Jonathan Jansen gaan instel.

Die UV se Lacea Loader het aan OFM-nuus gesê die UV dra kennis daarvan.
 
Dit kom nadat AfriForum Jeug aangedui het hy gaan Cobus Muller en Charl Blom bystaan met die eis. Die organisasie se regsverteenwoordiger, Werner Human, sê die eis is op lasterlike bewerings wat teen die twee studente gemaak is gegrond.
 
Muller en Blom is verlede jaar in die Bloemfonteinse streekhof vrygespreek op 'n aanklag dat hulle Muzi Gwebu in Februarie aangerand het. Muller is ook op aanklagte van roekelose en nalatige bestuur en dat hy Gwebu probeer doodry het, vrygespreek. Daar is ook bevind dat Muller nie Gwebu die k-woord toegesnou het nie.
 
Human sê dit was 'n traumatiese ervaring vir Muller en Blom. Geregtigheid moet nou geskied.

Human sê AfriForum is oorgehaal en goed voorbereid. Hy wou nie sê hoeveel die eis beloop nie.
Christal-Lize Muller en Owen Kock/OFM-nuus





Podcasts

Werner Human:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.