On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Graan SA voorsitter en ondervoorsitter herkies

───   SABRINA DEAN 07:42 Thu, 05 Mar 2015

Graan SA voorsitter en ondervoorsitter herkies | News Article

Bothaville - Graan SA se voorsitter Louw Steytler en ondervoorsitter Andries Theron is gister tydens die kommoditeitsorganisasie se jaarkongres op Nampopark net buite Bothaville vir ‘n tweede termyn verkies.

Theron het na gister se verrigtinge aan OFM-nuus gesê dat alhoewel daar verskeie uitdagings, veral aan die politieke kant is, hy steeds bevoorreg voel om vir nog ‘n jaar sy kant te kan bring en ‘n verskil te probeer maak om boere volhoubaar te laat bly. Hy sê grondhervorming is ‘n kernaspek van vanjaar se kongres, maar ten spyte van onsekerheid oor kwessies soos die 12 000-hektaar grondbesittingsplafon, is hy baie positief na afloop van die eerste dag se verrigtinge. Die kongres duur vandag voort met werksessies gemik op volhoubare produsering van verskeie gewasse. Sabrina Dean/OFM Nuus

Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.