On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Special Reports

Verhoor van vermeende Boston-marathon bomplanter begin

───   07:55 Thu, 05 Mar 2015

Verhoor van vermeende Boston-marathon bomplanter begin | News Article

Boston - Die verhoor van die beweerde bomplanter by die Boston Marathon twee jaar gelede het gister begin.

Volgens sy regsverteenwoordiger, het Dzhokhar Tsarnaev erken dat hy wel die bomme geplant het, maar dat sy ouer broer hom gedwing het om dit te doen.
 
Hy staar meer as 30 aanklagte, wat met die voorval verband hou, in die gesig en kan die doodsvonnis opgelê word indien hy skuldig bevind word.
 
Die bomaanval was die dodelikste terrorisaanval in die VSA sedert die 9/11-aanval. Drie mense is in die bomontploffings dood, insluitende 'n agtjarige seuntjie. Meer as 260 mense is beseer, waarvan verskeie mense ledemate verloor het, toe twee drukkoker-bomme, wat met spykers en ander skrapnel gevul was, ontplof het.
 
Tsarnaev het skuld op al die aanklagte beken.
 
BBC

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.