On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Potch-SR-voorsitter se skorsing opgehef

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:11 Thu, 05 Mar 2015

Potch-SR-voorsitter se skorsing opgehef | News Article

Potchefstroom - Die adjunkvoorsitter van die Institusionele Studenteraad (ISR) van die Noordwes-Universiteit se skorsing uit dié verteenwoordigende raad is opgehef.

Die NWU se Louis Jacobs sê Monica van Schalkwyk, wat op die raad dien as studenteraad-voorsitter van die Potchefstroom-kampus, is deur die visekanselier, Dan Kgwadi, heraangestel.
 
Jacobs sê die opheffing van haar skorsing kom nadat ‘n ondersoek oor die geldigheid van haar skorsing voltooi en regsadvies deur die NWU se regsafdeling verskaf is. Volgens Jacobs het die ISR buite sy mandaat opgetree toe hulle Van Schalkwyk geskors het.
 
Haar prokureur, Werner Human, sê dit is goeie nuus.

Jacobs sê die proses om ‘n oplossing te kry vir die konflik in die ISR, soos deur die NWU-raad se uitvoerende komitee vereis is, duur voort.
 
Human het vroeër in 'n brief aan Kgwadi gevra dat haar skorsing deur die universiteit teen môre opgehef moet word, omdat hy volgens die statuut die hoof dissiplinêre beampte is. Daar is geen rede verskaf vir Van Schalkwyk se skorsing nie.
 
Volgens Human is sy geskors, vermoedelik weens 'n meningsverskil met lede van die ISR.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus 

Podcasts

Werner Human:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.