On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Beweerde eienaar van bordeel beweeg glo in tersiêre kringe

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 16:40 Fri, 06 Mar 2015

Beweerde eienaar van bordeel beweeg glo in tersiêre kringe | News Article

Bloemfontein - Vier vroue tussen die ouderdomme van 31 en 40 is vandag in Fleurdal in Bloemfontein in hegtenis geneem in verband met prostitusie.

Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, sê een van die vroue was ook in besit van dwelms. Hulle is van KwaZulu-Natal en Gauteng.
 
Volgens hom bedryf een van die vroue wat in hegtenis geneem se vriend glo die bordeel. Hy is nog nie in hegtenis geneem nie. Marope sê die vroue sal na verwagting Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn.
 
OFM-nuus verneem intussen vertroulik die beweerde eienaar van die eiendom waarop die bordeel glo bedryf word, woon ook daar. Die persoon is na bewering werksaam by ‘n tersiêre instelling in sentraal Suid-Afrika. OFM-nuus is in besit van die persoon se naam en werkplek.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.