On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

UV-lektor moordverdagte verskyn weer

───   OWEN KOCK 08:40 Tue, 17 Mar 2015

UV-lektor moordverdagte verskyn weer | News Article

Bloemfontein - Die verhoor van Khetang Ramolula, wat teregstaan vir die moord op 'n UV-lektor, sal na verwagting vandag in die Bloemfonteinse landdroshof hervat.

Die 18-jarige is uit op borgtog van R1 000.
 
Lehlohonolo Mathengtheng, van die UV se departement mediese mikrobiologie en virologie, se naakte lyk is in September verlede jaar in sy woonstel in Willows aangetref.
 
Die polisie het kort na die moord beeldmateriaal van die oorledene en Ramolula, saam by ‘n plaaslike winkel, aan die media bekend gemaak.
 
Hy is na 'n drie week lange soektog by sy ouma se huis in Botshabelo in hegtenis geneem.
Owen Kock/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.