On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Meer as 20 oproeriges vas in Noordwes

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:54 Wed, 18 Mar 2015

Meer as 20 oproeriges vas in Noordwes | News Article

Brits - Altesaam 26 gemeenskapslede van onderskeidelik Letlhabile en Jericho by Brits in Noordwes sal na verwagting binnekort in die hof verskyn op aanklagte van openbare geweld.

Polisiewoordvoerder, Sabata Mokgwabone, sê 18 mense waaronder 11 mans en sewe vroue, is gisteraand in Maboloka in Letlhabile aangekeer nadat hulle vermoedelike winkels, wat aan buitelanders behoort, geplunder het.
 
Volgens Mokgwabone is ses mans en twee vroue ook in hegtenis geneem nadat hulle glo die pad by die Damonsville- en Brits-kruising met brandende bande en ander voorwerpe versper het.  
 
Mokgwabone sê die situasie was egter deurnag rustig.

Volgens hom is die vier gemeenskapslede van Jericho wat gister in die landdroshof in Brits op aanklagte van openbare geweld verskyn het, op waarskuwing vrygelaat.
 
Hulle is weer op 28 Maart in die hof. Die gemeenskap is sedert Sondag oproerig glo oor swak dienslewering. 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus

Podcasts

Sabata Mokgwabone:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.