On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Man sterf in gru-botsing buite Bloemfontein

───   14:52 Thu, 26 Mar 2015

Man sterf in gru-botsing buite Bloemfontein | News Article

Bloemfontein - 'n Man is dood en drie ander ernstig beseer in 'n botsing tussen 'n motor en 'n vragmotor, vroeër vanmiddag, op die N6, 5km buite Bloemfontein.

Netcare 911 se Chris Botha sê hulle noodpersoneel het die motor op sy dak aangetref en die vragmotor, wat mielies vervoer het, in vlamme.
 
Paramedici het twee mans in die motor se wrak gekry en noodbehandeling toegepas. Die een was reeds oorlede en die ander is hospitaal toe gehaas.
 
Botha sê die ongelukstoneel dui daarop dat spoed moontlik 'n rol gespeel het.
 
Die oorsaak moet egter nog bepaal word.

Verklaring


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.