On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Local News

Nog 'n vrou kla oor Bloemfontein-dokter

───   17:35 Fri, 27 Mar 2015

Nog 'n vrou kla oor Bloemfontein-dokter | News Article

Bloemfontein - ‘n Tweede vrou het vandag na vore gekom met klagtes oor die Bloemfonteinse dokter wat tans in die stad se hooggeregshof teregstaan op ‘n aanklag van verkragting.

Spiros Theocharous word daarvan aangekla dat hy een van sy pasiënte in Mei 2013 in sy spreekkamer, verkrag het.
 
‘n Vrou van Bloemfontein – die tweede vandeesweek – het nou na vore gekom en sê sy was twee jaar lank 'n pasiënt van Theocharous. Sy beweer Theocharous het in dié tyd onder meer seksueel-gelaaide boodskappe aan haar gestuur.
 
Die ondersoekbeampte in die saak, Kobus Haasbroek, sê hy het reeds met die klaagster kontak gemaak. Hy het gevra dat indien daar nog vroue met inligting is, hulle hom moet kontak.
 
Die verhoor is vandag tot 26 Oktober uitgestel.
 
Cathy Dlodlo/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.