On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Parys-pypmoord: Verdagtes verskyn weer

───   DANE BEISHEIM 08:42 Mon, 30 Mar 2015

Parys-pypmoord: Verdagtes verskyn weer | News Article

Parys - Die saak teen vyf mans, waaronder twee minderjariges, wat tereg staan vir die moord op Craig Marx, 'n sakeman van Parys, hervat na verwagting vandag in die dorp se landdroshof.

Landdros Leshni Pillay het die saak tot vandag uitgestel sodat die direkteur van openbare vervolging kan beslis of die saak voor die streekhof of Hooggeregshof aangehoor moet word. Die saak sal na verwagting weer uitgestel word nadat die besluit bekend gemaak is.
 
Coen van Aswegen Sr, sy seun Coen Jr, en David Kuyler het Marx glo op 4 Desember oorval en vermoor. Van Aswegen Sr, wat Marx R10 000 geskuld het, sy twee seuns en hulle twee vriende het na bewering Marx eers aangerand waarna hulle sy kop in plastiek toegebind en hom in 'n stormwaterpyp 15 km buite Parys gegooi het, waar hy versmoor het.
 
Die drie verdagtes is in aanhouding in Sasolburg, terwyl die twee minderjariges in die toesig van hul ouers vrygelaat is.
Dane Beisheim/OFM News

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.