On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

TAC eis die terugtrek van aanklagte teen gesondheidswerkers

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:59 Mon, 30 Mar 2015

TAC eis die terugtrek van aanklagte teen gesondheidswerkers | News Article

Bloemfontein - Die Treatment Action Campaign (TAC) dring daarop aan dat die Nasionale Vervolgingsgesag die aanklagte terugtrek teen sowat 118 voormalige Vrystaatse gesondheidswerkers.

Die verhoor van die werkers sal na verwagting vandag in die plaaslike streekhof begin. Hulle verskyn in verband met 'n onwettige samekoms verlede jaar.
 
Die TAC se Anele Yawa sê die gesondheidswerkers het nooit 'n misdaad gepleeg nie, maar slegs hul grondwetlike reg uitgeoefen.

Dit kom nadat sowat 129 gesondheidswerkers verlede jaar in Julie in hegtenis geneem toe hulle aan 'n vreedsame nagwaak buite die Vrystaatse gesondheidsdepartement se hoofkantoor deelgeneem het.
 
Hulle het onder meer betoog teen die LUR van gesondheid, Benny Malakoane, se besluit om hul dienste te beëïndig. Hulle was ook ontevrede oor hul werkstoestande. Aanklagte teen elf van die werkers is intussen teruggetrek.
 
Yawa sê belanghebbendes gaan vandag op 'n mediakonferensie weer daarop aandring dat Malakoane uit sy pos ontslaan word.
Christal-Lize Muller/OFM-nuus

Podcasts

Anele Yawa:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.