On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Gemeenskappe moet nie reg in eie hande neem

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:43 Mon, 30 Mar 2015

Gemeenskappe moet nie reg in eie hande neem | News Article

Phuthaditjhaba - Die polisie in die Vrystaat doen ‘n ernstige beroep op gemeenskappe om nie die reg in eie hande te neem nie wanneer hulle booswigte sonder die teenwoordigheid van die polisie aankeer.

Dit kom nadat ‘n 20-jarige man die naweek glo deur ‘n vrou en vier mans aangerand en met klippe doodgegooi is nadat hy die vrou van haar selfoon by Makwane naby Phuthaditjhaba in Qwaqwa beroof het.
 
Polisiewoordvoerder, Mmako Mophiring, sê Sipho Mokoena het die vrou se selfoon na bewering naby ‘n donga gegryp en weggehardloop waarna die mans hom agternagesit het.
 
Volgens Mophiring is gemeenskapsbetrokkenheid om misdaad te bekamp belangrik, maar hy waarsku gemeenskappe om die polisie te ontbied sodra misdadigers aangekeer is.

Die vrou en die vier mans sal na verwagting vandag in die plaaslike landdroshof op aanklagte van moord verskyn.
 
Mophiring sê Mokoena is van roof aangekla.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus 

Podcasts

Mmako Mophiring:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.