On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Hertzogville-moorde: DNS-toetse nog nie bekend

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:48 Wed, 01 Apr 2015

Hertzogville-moorde: DNS-toetse nog nie bekend | News Article

Hertzogville - Die polisie in die Vrystaat wag nog vir die uitslag van DNS-toetse wat gedoen word om vas te stel of die lyke van drie mans wat op ‘n plaas in die Hertzogville-distrik gevind is, dié van drie vermiste mans van Christiana in Noordwes is.

Polisiewoordvoerder, Thandi Mbambo, sê die polisie vermoed die lyke is die van Michael Grant en sy broer Jerome en Riaan Ruiters wat in Februarie vermis geraak het. Hulle is glo laas saam met die eienaar van die plaas, Johan Sonnenberg gesien.
 
Mbambo sê die DNS-toetse sal ook bepaal hoe die mans dood is. Sonnenberg is verlede maand in hegtenis geneem en staan tereg op  drie aanklagte van moord, die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie asook drie aanklagte van regsverydeling.
 
Hy het gister vlugtig in die plaaslike landdroshof verskyn nadat hy verlede week in die hof se aanhoudingselle in mekaar gesak en sy bewussyn verloor het. Dit is nog onduidelik of hy ‘n beroerte gehad het. Sonnenberg is weer op 7 April in die hof vir sy borgtogaansoek.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.