On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Klopjag op Bloemfonteinse skrootmetaalonderneming ‘n sukses

───   15:14 Wed, 01 Apr 2015

Klopjag op Bloemfonteinse skrootmetaalonderneming ‘n sukses | News Article

Bloemfontein - Die polisie in die Vrystaat het op gesteelde toerusting ter waarde van sowat R450 000, vermoedelik van die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein beslag gelê.

Vrystaatse polisiekommissaris, Thabethe Mpembe, sê dit is deel van verskeie polisieklopjagte op plaaslike skrootmetaal-ondernemings.
 
Volgens hom is twee verdagtes, wat albei staatsamptenare by dié veelbesproke hospitaal is, in hegtenis geneem.
 
Hy sê hulle verkoop glo al vir ‘n geruime tyd die gesteelde toerusting aan dié betrokke skrootmetaalonderneming.
 
Nog ‘n hospitaalwerknemer is in Pelonomi opgeneem nadat hy vermoedelik ‘n hartaanval gehad het toe polisie daar opdaag.
 
Mpembe sê die klopjag is ‘n deurbraak vir die polisie.

Van die gesteelde toerusting sluit onder meer x-straalmasjiene, en skoonmaak- en kantoortoerusting in. Die twee verdagtes sal na verwagting binnekort in die plaaslike landdroshof op ‘n aanklag van diefstal verskyn.
 
Die polisie soek na nog een werknemer van die hospitaal in verband met die voorval.
 
Cathy Dlodlo en Christal-Lize Muller/OFM-nuus 

Podcasts

Thabethe Mpembe:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.