On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Off-Beat-News

Senator se selfoon sorg vir giggels

───   10:49 Sat, 18 Apr 2015

Senator se selfoon sorg vir giggels | News Article

Senator Pat Roberts van Kansas in Amerika het vandeesweek vir groot vermaak in die senaat gesorg met sy selfoondeuntjie van die bekende kinderfliek, Frozen.

Tom Vilsack, sekretaris van landbou, was besig met sy toespraak toe “Let it go” kliphard begin speel en die kongreslede begin lag het.
 
“Laat dit net gaan, meneer,” het Roberts geskerts toe hy om verskoning gevra het vir die onderbreking.
 
Die 78-jarige Roberts het vyf kleinkinders en dis moontlik een van hulle wat hul oupa se selfoon beetgehad het.
 
Maroela Media

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.