National
Beitbrug gereed om vlugtelinge te ontvang─── 10:53 Sat, 18 Apr 2015
Beitbrug - Die Beitbrug-grenspos maak gereed om die eerste kontingent van meer as 1 500 Zimbabwiërs te ontvang wat van die xenofobiese geweld in Suid-Afrika vlug.
Die direkteur van Zimbabwe se burgerlike beskerming eenheid, Madzudzo Pawadyira, het aan die Chronicle koerant gesê hulle verwag dat die eerste Zimbabwiërs môre by die grenspos sal begin aankom.
Meer as 1 500 Zimbabwiërs het nou aangedui dat hulle wil terugkeer huis toe weens die aanvalle op buitelanders in en om Durban en Johannesburg in die afgelope week.
Twee Zimbabwiërs, 'n vrou en 'n kind, is glo dood in die aanvalle en honderde ontwortel.
Die vlugtelinge sal egter nie almal op een slag kan oorsteek nie omdat die repatriasie fasiliteite net 1 000 mense per dag kan akkomodeer.
-news24.com