On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Local News

NW Premier voordeel aanval op geskorste munisipale bestuurder

───   08:23 Sun, 19 Apr 2015

NW Premier voordeel aanval op geskorste munisipale bestuurder | News Article

Mmabatho - Noordwes Premier Supra Mahumapelo het die poging tot moord op die geskorste bestuurder van die Ngaka Modiri Molema distriksmunisipaliteit, Mokgele Mojaki, ten sterkste veroordeel.

Hy't in 'n verklaring gesê die daad ondermyn die gereg wat die hoeksteen van ons demokrasie is.
 
Mahumapelo het ook 'n beroep op die publiek gedoen om die polisie te ondersteun in hul ondersoek.
 
Volgens polisiewoordvoerder Thulani Ngubane is Mojaki Vrydagnag ongegeveer halfelf by sy huis in Mmabatho geskiet.
 
Hy't blykbaar by die huis aangekom en was op pad om sy motor in the motorhuis te trek toe hy 'n harde klap hoor. Hy't terugbeweeg en twee mans aan beide kante van sy motor gesien. Een het probeer om die deur oop te ruk. Die ander het 'n skoot deur die ruit gevuur. Mojaki is in die bolyf getref.
 
Die verdagtes het gevlug en is nog soek.
 
OFM Nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.